Oor my en hierdie blog…

Hier deel ek my hart, my hartseer, my vreugdes, talente, hoop en drome met jou, die leser. Ek leef vir my skryfwerk, my kuns en almal vir wie ek lief is. Ek is dankbaar vir die Here wat hierdie talente aan my gegee het – Wat ‘n voorreg om Hom te ken, te dien en lief te he. Jesus is als vir my – My begin en my einde. Sonder Hom is ek niks. En daarom dra ek hierdie blog aan Hom op. Dankie, Here!

24 thoughts on “Oor my en hierdie blog…

  1. Haai, Anzel!
    Ja, hierdie blog gogga is ‘n ding wat kan byt en vasbyt waar hy sit. Nog ‘n tegnologie wat my soms verwonderd laat en soms frustreer …
    Anyway, dis gaaf om jou ook hier te kry. En ek waardeer jou woorde regtig. Ek het vir jou passie en entoesiasme ‘n groot bewondering. Op jou ouderdom het ek nie die vaagste benul gehad waar ek hoort en wat ek moet doen nie.
    Dus: Lekker blog en lekker skryf!
    Wat die ouderdom betref – die heel snaaksste/wonderliskte/mees scary is die besef dat ek nog presies dieselfde mens is as al daardie jare gelede. Behalwe vir die meer ondervinding en die meer grys hare is ek binne-in dieselfde mens. Laat ‘n mens dink oor oumense … Jongmense vasgekeer in ‘n oumens sy lyf?

  2. Ek geniet hierdie blog-storie alreeds gate uit! Ek wonder soms hoekom ek dit nou eers ontdek het! 🙂 Elk geval, as n skrywer bly mens altyd n kind. n Kind wat glo in stories, wat stories uitdink om ander innerlike kinders te bevredig. Ons lyf raak ouer, maar ons gees bly jonk… Vir julle skrywers, het ek alle respek… Want by julle kan ek leer, dit wat ek nog nie in my min lewenservaring kon optel nie. So leer n mens, so groei n mens, en so word die kind in jou n beter skrywer.

    • Hi Anzel maybe kan jy raad gee oor die – Alles was wonderlik terwyl hy ver was toe was hy hier en ek kon hom net 2 keer in die 2 weke sien toe is hy terug en dinge verander nou is dit half koud alhoewel ons nog praat maar baie platonies. My hart is gebreek (is jou rehab vir geboke harte nogi oop nie) Ek weet nie of ek moet bly glo in ons nie en of ek maar eerder die tissues moet vat en my hart moet uithuil en aanvaar dit is verby nie –

      • Ai, Bolla! Dis sleg om deur so iets te gaan. Dit voel of mens stukkend geruk word deur iets wat soveel vreugde en tog ook soveel hartseer kan veroorsaak. Ek weet presies hoe jy voel. En ek weet ook hoe jy voel oor die ongevraagde raad wat almal vir jou gee… “los hom! Daar is beter visse in die see, jy verdien beter…”. Maar ek gaan dit nie vir jou se nie, want ek weet hoe seer dit is. Wat ek wel vir jou gaan se is dit: wees nice met jouself en voel die seer. Gee jouself tyd. En volg jou hart. As jy lief is vir iemand, kan dit nie soos n switch aan en af gesit word nie. Maar mens kan dit verwerk, en sterker anderkant uitkom. Natuurlik gaan dit n letsel los, natuurlik is dit seer, natuurlik is dit nie maklik nie. Maar dit is doenbaar. Sterkte girl! Dink aan jou!!

  3. Hi Anzel, weet nie of jy my onthou nie, ek het verlede jaar saam met jou en ander via email aan Trudie se skryfkursus deelgeneem. Eks bly om te sien jy skryf. Ek het vir ‘n hele jaar glad nie geskryf nie. Nie eens ‘n pen opgelig nie. Ek het so ‘n week gelede weer my notebook uitgehaal en begin skryf. Liewers laat as nooit nie. Hou van jou blog.

    • Haai, Gwenet. Natuurlik onthou ek vir jou! 🙂 Dis goed om te hoor jy het weer begin skryf. Ek is op die oomblik hard aan die skryf, al moet ek eers oor die teleurstelling kom van my eerste ms wat ek moet herskryf. Heeltemal herskryf. Nie net hier en daar ‘n kosmetiese foutjie nie. Sommer alles. Dit breek nogal ‘n mens se moed. Maar, ek sal so ‘n week af vat, en dan weer skryf. Net om weer bietjie perspektief te kry en om die nodige moed bymekaar te skraap. Jy is natuurlik baie welkom om gereeld hier by my blog in te loer. Hier skryf ek maar wat in my kop aangaan… Partykeer interresant, ander kere nie so interresant nie. Maar dis wie ek is. Jy moet aanhou skryf. Sover ek kan onthou, het jy nogal talent gehad… 🙂 Geniet dit!

  4. Hallo Anzel

    Kan jy asseblief twee dokumente vergelyk en sĂŞ of dit dieselfde skrywer is? Indien dit moontlik is, hoe sal ons te werk gaan?

    (Ek verstaan nie mooi van BLOG nie.)

    Dankie!

  5. Hi Anzel, dankie vir die reply. Is lekker om met iemand te kan chat wat nie direk betrokke is nie. Om jou kort opsomming van alles te gee – ek het laas jaar besluit om uit my huwelik te stap wat dood is al vir meer as 3 jaar (was getroud vir 7). Uit die bloute kom ‘n ou liefde met wie ek geen kontak gehad het vir 12 jaar nie en Skype my uit Mauritius uit waar hy op vakansie was. Ons het lekker gesels en nooit in my wildste drome kon ek dink dat mens liefde wegsteek en toesmeer en dit net ewe skielik weer daar kian wees nie. Hy het vertel hoe dankbaar hy is dat ek weer in sy lewe is en dat ek die deksel van sy pot is en en en ook dat hy my sal aanvaar met my seuntjie. Ons het ure gesels in die aand, nou as ek vra hoe hy voel dan is sy antw kortaf dieselle, hy praat nie meer oor die toekoms soos altyd nie en en baie vaag oor sy gevoelens. Hy het ook nie ‘n probleem gehad om te se dat hy nog al die jare lief is vir my nie. Nou kan ek nie gat of stert uitmaak hoe hy voel nie. My skeisaak is nog nie deur nie en dan is dit nou eweskielik die verskoning. Ek is bang om te glo in “ons” en dan as hy terug kom ewe skielik vir my te se daar is nie meer ‘n ons nie maar is ook bang om te puch vir eerlike ant en ek verloor hom. Ons praat amper glad nie meer nie en as dit is is dit baie platonies. GEE RAAD ASB

    • Ai, jong. Dis ‘n moeilike situasie wat beslis nie maklik is om te hanteer nie. Ek weet ook dat jy nie gaan rustig word tot jy antwoorde gekry het nie, glo my, ek was in dieselfde situasie met my eks en sy dogtertjie. Ek wou weet hoekom hy ewe skielik verander het. Veral omdat ek die fout by myself gaan soek het. Ek het intussen agter gekom dis baie moeiliker om te vergeet as wat ek gedink het, en sukkel nou nog om hom uit my sisteem te kry. Wat jy egter in gedagte moet hou, is die feit dat jy op die stadium nog getroud is. Ek weet jou skeisaak is amper deur, maar jy moet jou kant skoon hou. Wat jy doen, op hierdie stadium, is egbreuk, en daarom is dit verkeerd. Maak seker jou skeisaak is eers deur, voor jy aangaan met jou lewe. Wat die ou liefde betref, sal ek aanbeveel dat jy aandring dat julle praat en dinge uitsorteer, anders gaan jy nooit rus vir jou siel kry nie. Moet egter nie te veel karring nie. Onthou, jy is belangriker as die verhouding. As hy nie belangstel nie, moet jy nie soebat nie. Elke vrou het haar trots. En jy is spesiaal en verdien net die beste. Meer as dit, kan ek nie vir jou sĂŞ nie. Al wat ek weet is dat jy antwoorde en finaliteit moet kry. By jou huidige man en die skeisaak, asook die ou liefde. Dit gaan dalk baie seer wees, maar ten minste gaan jy dan kan aangaan met die res van jou lewe. En iemand kry wat regtig vir jou as vrou baie baie lief is. 🙂 Jy is baie spesiaal. Onthou dit…

  6. Dankie baie. Ek weet dit is egbreek en dit is een ding wat dit ook moeilik maak. Ek wens net my eks wil praat het al soveel keer gevra maar die antwoord is net heelteed wees rustig of relax. Ek dink dalk (en jy kan se of dit goeie idee is) om dinge te los en dan vir hom te vra vra.

    • Ek stem, Bolla. Los als eers en word in jouself rustig. Ek weet dis nie lekker nie, en nog minder lekkerder om te wag. Maar ek weet dat als ten goede sal meewerk, as jy net eers ‘n bietjie wag… Sterkte jong! Dink aan jou!

  7. Hi daar…. Ek sien baie van julle skryf oor iets wat hul of op die hart het of self net om jou te vertel he gr8 jou blog is… We’ll ek soek raad, ek sit in n situasie wat die man waarmee ek my lewe wil saam spandeer (ons het n 10 maande oue dogtertjie saam), n ruk terug het hy weg getrek vir werk en het mekaar maar min gesien en net skielik begin dinge nie reg voel, hy is kort af en net nie homself nie. So 2 weke terug kry ek n oproep nee hy kuier by n lesbeen, niks teen lesbene nie, maar anyway vat hom an daar oor en hy beindig toe die verhouding en gaan bly tegnies by haar… Hy weier om my te face al sy goed staan by my huis, hy se vir my hy sal altyd lief bly vir my en gee om oor ons maar hy wil nie dinge uit praat nie, hy se net die verhouding werk nie, ek weet nie hoekom nie hy wil ook nie antwoord nie. Sy ma is oorlede toe hy 8 was en verloofde van daai tyd so 4 jaar terug oorlede sy pa is januarie maand oorlede en sy broer so 3 maande terug oorlede. Ek wil hom bystaan en daar wees vir hom en wil hom wys alles gaan reg kom maar hy gee my nie daai kans nie hy stoot my weg, die man waarvoor ek lief is, is besig om alles te verloor, hy het sy werk verloor onlangs oor hy net nie meer werk toe gegaan het nie. Hoe help ek hom hoe wys ek hom dat ek nog so lief is vir hom en net saam hom wil wees, en ons kind reg groot maak want sy mis haar pa en lei ook hier onder. My hart is baie seer en ek mis hom ongelooflik baie. Help my groot asb!

  8. Hi Simone, sjoe dit is glad nie lekker nie. Dit wat ek nou vir jou gaan se gaan jy seker nie wil hoor nie. Was amper in dieselfde situasie. Gee hom spasie en tyd om te besef wat hy in julle het dit is nie maklik nie maar jy kan nie nou teen sy wil gaan nie al weet almal dit is vir sy beter maar hou aan bid dra hom elke dag aand die Here op. Wees sterk vir jou en jou dogtertjie. Ek wens jou alle sterkte toe

  9. Nee dit is nie lekker om te hoor nie, en die wete dat hy saam n ander meisie is breek my, om te sien hoe my kind haar pa roep vat meer an my as wat hy kan dink. Ekt met n pastoor gepraat en hy se die sele, hy kan nie gehelp word as hy nie wil gehelp word nie… Dit maak my seer en voel of alles in mekaar val, maar ek moet nou an my en my kind dink want sy gaan my meer nodig he as ooit. Baie dankie vir die raad en alles.

  10. Ek weet dit is baie moeilik ek is nou na 8 jaar geskei en het n seuntjie van 5 dit is nie maklik nie maar soms beter nie altyd vir ons nie maar vir ons kinders. Dit gaan nou harsh klink maar ek se dit vir jou uit ondervinding soms is dit beter vir die kindertjies want as mens saam is en daar is ongelukkigheid en seer raak dit hulle baie meer as wat ons dink. My kind sien sy pa gereeld maar hy is soveel rustiger, meer liefdevol, meer selfstandig en baie gelukkiger vandag die spanning nie meer in die huis is nie. Is nie altyd maklik nie maar gee haar net baie liefde en vertel haar dat haar papa haar liefhet. Deur vrede na vore te bring van jou as ma se kant af gaan dit haar oor vrede bring. Sterkte

  11. Simone, jy sit in ‘n baie moeilike en seer situasie. Al stem ek met Bolla saam, weet ek dit is nie so maklik om te laat gaan nie. Dis asof jou hart in duisende stukke geruk word. Jy kan nie dink of focus sonder om daaroor te tob nie. Jy voel rusteloos, alleen en omgekrap en sommer alles in een dag. Al wat ek vir jou kan sĂŞ, my skat, is om jou hart te volg. Jy moet eerstens na jou en jou babatjie kyk, en bid. Bid vir ‘n verandering in sy lewe. Al wil jy hom so graag help, kan jy dit net doen as hy wil gehelp word. EN al is dit swaar om te hoor en om te aanvaar, gaan jy moet terugstaan en hom tyd en spasie gee om self te besluit. Hy gaan dalk self deur ‘n moeilike tyd en die enigste manier om dit te face, is om dit by iemand anders uit sy sisteem te kry. Dalk wil hy jou en die kleinding spaar om verder seer te kry. Jou babatjie is daar vir jou. En jy is daar vir die kleinding. Hou daaraan vas, my engel, en byt vas. Dinge sal regkom, jy sal sien. Miskien voel dit nie nou vir jou so nie, al sĂŞ jy nou ek en Bolla weet nie waardeur jy gaan nie, gaan jy sien dat dinge gaan uitwerk soos dit moet. Dalk is dit die Here se manier om vir jou te sĂŞ Hy het beter vir jou in stoor. Ek was in daai situasie, my skat. En dit was bitterlik seer. Ek is nou al amper ‘n jaar weer op my eie en ek dink nou nog terug na die tyd toe ek die man en sy kind so verskriklik lief gehad het en toe stap hy net uit. Dis seer. Baie baie seer. Maar niks wat ek kon doen of sĂŞ het hom na my toe terug gebring nie. Inteendeel, dit het hom net meer weg gestoot. Nou is ek gelukkig op my eie, al het die wond net ‘n roof op. Ek weet die Here laat alles ten goede meewerk vir die wat op Hom vertrou, so ek hou moed. Hang in there! Jesus is lief vir jou!

  12. Hallo Anzel!

    Ek hoop dit gaan sommer goed met jou! Kan jy asb vir my jou e-pos adres stuur? Ek sal graag vir jou ‘n e-pos wil stuur.

    Groete Michelle

  13. Hi Anzel
    Ek wil graag hoor of jy na aanleiding van n kind se handskrif n aanbeveling kan maak ten opsigte van moontlike beroepskeuses. Ek het n seun in Graad 11 wat nog baie onseker is oor watter beroep hy moet volg

    Eon Coetzee

    • Hallo, Eon

      Groot askies dat ek nou eers antwoord. Het maar woes gegaan hierdie kant – ek is besig om my troue te reĂ«l, so alles anders is op “hold”! 🙂
      Ok, handskrifontleding is ‘n tool wat mens gebruik om persoonlikheid, sterkpunte en swakpunte te analiseer. Dit natuurlik is die fondasie om wel te bepaal watter beroep hy kan volg gebasseer op sy persoonlikheid, maar dit sal nie spesefieke beroepe identifiseer nie. Gaan Google gerus thinkcareer vir career guidance assessments.

      Sterkte!
      Anzel

  14. Baie geluk met jou pos, ek erken dat ek nog beseig is om ‘n goeie aantal van jou plasings te lees. Ek wil net vir jou sĂŞ hoe goed jy is op die beskrywing van die dinge jou op blog – ek moet ook erken ek vind dit insiggewend om jou blog te lees. Hou aan met die goeie werk.Hendrik Duvenhage http://www.hendrikduvenhageblog.wordpress.com/

Lewer kommentaar op Johan Potgieter Kanselleer antwoord