Resensie vir Komplimente van ‘n Gypsy

Hier is nog ‘n resensie vir my kortverhaalbundel: Komplimente van ‘n Gypsy. Onthou, vir bestellings kontak asseblief Heleen Malherbe by malherbeheleen@gmail.com, of direk vir my by anzel.mans@gmail.com.

RESENSIE “KOMPLIMENTE VAN ʼn GYPSY”

“Komplimente van ʼn gypsy” is ʼn bundel kortverhale wat uit drie en twintig verhale van uiteenlopende temas bestaan. Vier van hierdie verhale word in die resensie uitgelig, bloot omdat dit nie prakties is om oor al die verhale te skryf nie.

Appel geskil is ʼn verhaal wat knap gestruktureer is. Dit laat spanning tot op die einde opbou. Leserssimpatie is so geskep dat die leser nie anders kan as om jammer vir die stomme hoofkarakter te voel nie. Hy het so ʼn goor dag dat hy sommer met ʼn appel aan die gesels raak. Dialoog vloei natuurlik en die leser vind dit vermaaklik. Veral die appel se dialoog is geesryk.

In Kragteloos wys Anzel haar vaardigheid om voortreflike humor te skryf. Die wyse waarop sy karakterisering hanteer, is in die kol en duidelik bydraend tot die moeilike situasie waarin die karakters hulle bevind. Hierdie is ʼn genotvolle verhaal wat die komiese situasies waarin persone (of paartjies) dikwels beland, smaakvol uitbeeld.

Met ʼn Happie koek stel die skrywer ons voor aan ʼn Noord-Kaapse gemeenskap. Sy gebruik die tipiese spreektaal van die gemeenskap effektief. Dit dra by tot die geloofwaardigheid van die verhaal. Hier lei ʼn ongelukkige voorval, gemeng met ʼn misverstand, tot ʼn ontmoeting tussen twee vreemdelinge wat – so word dit suggereer – mekaar later beter gaan leer ken.

Weereens kry die skrywer dit reg om in Wit olifant ʼn alledaagse situasie uit te beeld en daardeur ʼn belangrike boodskap oor te dra. Die leser word in hierdie verhaal gekonfronteer met sosiale vraagstukke soos geldnood, armoede en hongerly. Nog ʼn keer kry die skrywer dit reg om hieroor te skryf sonder om swaarmoedig te raak of daaroor te teem. Haar unieke taalgebruik en styl spreek werklik tot die leser en tree in gesprek op hierdie manier met die leser se gewete.

Anzel Mans se styl, die wyse waarop haar verhale eindig en die verskeidenheid temas wat sy aanpak, maak dit die moeite werd om hierdie bundel wat deur Veerpen Uitgewers uitgegee word, aan te skaf en te geniet.

Geskryf deur Trudy Erasmus

Gepubliseerde skrywer en Eienaar van Die Skryfbesigheid

img_4828

Advertisements

Komplimente van ‘n Gypsy is nou beskikbaar

My heel eerste gedrukte kortverhaalbundel, uitgegee deur Veerpen, oftewel, Killian en Malherbe Uitgewers, is nou beskikbaar. Hierdie bundel bestaan uit 23 van my beste kortverhale, waarvan party reeds in die Vrouekeur gepubliseer was oor die jare.

Vir bestellings, kontak gerus vir Heleen Malherbe by malherbeheleen@gmail.com, of Anzel by anzel.mans@gmail.com.

img_4828

Hier is wat die kritici van my bundel te sê het:

 

Resensie deur Dineke Volschenk (Verhale Redakteur by Vrouekeur):

Anzel Mans se stories is alles wat ’n mens van lekker lees verwag: dis vol humor, patos en onverwagse eindes. Hierdie is die soort boek wat ’n mens saam neem as jy gaan vakansie hou, en vir vriendinne as geskenk gee.

Resensie deur Liana Bosman, skrywer en vriendin:

Anzel Mans skryf al vir jare, eers onder haar nooiensvan Gerber, en nou onder Mans. Al die verhale, humoristies of meer ernstig, het ’n storie agter die storie. Die meer ernstige verhale laat jou soms selfs ’n traan of twee pik. Die humoristiese verhale sny die humor baie fyn en is gelaai met pittigheid en karakters wat jou aan jouself laat dink. Hierdie bundel verhale beloof die om elke leser te boei tot aan die verrrassende einde en gaan jou dae later nog daaraan laat dink.  Anzel Mans is een van die min skrywers wat weet hoe om emosie te wek wanneer sy met woorde toor.

img_4622

Sal baie lekker wees om van julle te hoor! Deel gerus met my wat julle van my stories en die bundel dink.

 

Baie liefde,

Anzel

I’ve never been this homesick…

Vandag, ses maande gelede, was die hartseerste dag van my hele lewe…

Maar voor ek daar kom, moet ek julle eers vertel van die blyste dag in my lewe. In April 2016 het ons na amper twee jaar se wag, die goeie nuus gekry dat ons ‘n babatjie verwag. Ek was uit my vel uit van opgewondenheid – Dit was ‘n antwoord op jare se gebed, my grootste hartsbegeerte het waar geword. Ek onthou nog hoe het ek daardie dag in Edgars rond geloop en met die Here gepraat en gesë: Here, U is nie onregverdig of wreed nie. U sal nie vir my iets gee wat ek so bitter graag wil hê, en dit dan later van my af wegneem nie. Ek het geglo ons gaan in Desember ons eersteling verwelkom; het opgewonde babagoedjies begin aankoop, begin droom oor haar lewe saam met ons… Hier is die foto van hoe ons die opgewonde met familie en vriende gedeel het.

cwha3413

Skaars vier weke hierna, toe ek so ampertjies 8 weke swanger was, het die ergste nagmerrie ooit gebeur. Ons het die Donderdag ingegaan vir ‘n scan, maar daar was geen hartkloppie nie – Ek was positief en gedink ons is dalk net ‘n bietjie te vroeg; dat ek my datums verkeerd het. Die volgende oggend, toe die bloeding begin, het ek egter geweet, dit is verby. Ons het weer gegaan vir ‘n scan, en toe is ons babatjie alreeds weg. As ek nie die vorige dag daardie klein blip op die skerm van die dokter se masjien gesien het nie, het ek sweerlik gedink die hele swangerskap was in my kop.  Hier is die fototjie van die scan – En soos julle kan sien met al die bewoording en krulletjies, was ek vreeeeslik opgewonde!

file-2016-05-12-6-49-26-nm

Verlies is nooit lekker nie, en om ‘n kind te verloor, is een van die seerste goed wat ooit in die lewe met jou kan gebeur. Ja, ons babatjie was nog nie gebore nie, maar sy het geleef. En ons moes haar groet na slegs agt weke van swangerskap. En al weet ek vandag sy sit by Jesus se voete en wag vir haar mamma en pappa, is die gemis groot; die seerplek nog baie rou. Baie mense sê dit was die Here se wil. Ek stem glad nie hiermee saam nie – Die Here wat ek dien, is ‘n God van lewe en lewe in oorvloed. Net die vyand het gekom om te steel, te slag en te verwoes.

Ek weet nie hoekom dit met ons moes gebeur nie; ek weet nie wat die Here se plan hiermee was/is nie, maar ek weet een ding: Hy bly getrou. Hy is nie onregverdig nie. Sy genade vir ons is genoeg.Sy planne en drome vir ons twee, is soveel groter as die planne en drome wat ons vir onsself het. Ses maande later sit ek steeds met die hoekoms en waaroms. Ek weet Hy is ‘n almagtige God wat enige iets kan doen. Hy kan wonderwerke doen. Hy het dooies laat opstaan, blindes laat sien, kreupeles laat loop. Hy het op die water geloop; Hy het selfs die dood oorwin. Hy het vir Hanna en Sarah ‘n kind gegee. En omdat ek al hierdie dinge weet, verstaan ek soms nie hoekom Hy dit nie doen nie. Maar ons hou vas, ons bly aanhou hoop en ons hou ons oë op Hom – Eendag, wanneer die Here ons kom haal, gaan ons die kleine mensie vir die eerste keer sien.

En dan onthou ek skielik daardie liedjie wat ek en my ma altyd gesing het:

I’ve never been this homesick before…

2016 – Die jaar van vreugde en feesvieringe

Goeie genade, maar ek het lanklaas op hierdie blog geskryf! Sit mos nou en dink aan nog ‘n post oor al die nuus wat ek het om te deel, so hier gaan dit!

So baie dinge het in 2015 met ons gebeur – Dit was ‘n rowwe jaar van “Ups” en “Downs”, ‘n Jaar waarin ek so baie bereik het, soveel hoogtes ervaar het. Ek is nogsteeds werksaam by die College waar ek die ongelooflike voorreg het om met jongmense te werk en hulle te leer oor Menslike Hulpbronne bestuur in Suid Afrika; waar ek hulle denkwyses en gesindhede vorm en aanwys. Dit is so ‘n ongelooflike ervaring en voorreg om met hierdie groep studente te werk.

Hier is ‘n kiekie van my N6 klas wat in November 2015 klaar gemaak het by die College:

12108836_1148567788533954_5812163000730672034_n

Dan natuurlik het ek nog ‘n paar kortverhale in die Vrouekeur gepubliseer, waaroor ek bitterlik opgewonde is:

This slideshow requires JavaScript.

Ons het baie kiekies geneem en saam met familie gekuier:

This slideshow requires JavaScript.

Ek het ook die ongeloolike voorreg gekry om handboeke te skryf vir Oxford University Press Suid Afrika en Seyfferdt Publishers. Die skryf van die handboeke het my nogal heelwat besig gehou. Ek het ses handboeke om te skryf, waarvan drie al klaar is, en nommer vier amper voltooi is. Hulle almal verskyn deur die loop van hierdie jaar op die mark en ek sal al die handboeke hier aan julle bekendstel.

Verder het ek ook my studies voltooi – Ek het my Post Graduate Diploma in Education met onderskeiding geslaag en is regtig baie trots daaroor. En het ek 22kg in gewig verloor. Dit was daarom definitief ‘n groot suksesvolle jaar vir my en vir ons gesin.

In 2016 kyk ons uit na die publikasie van my handboeke wat ek vir die College sektor geskryf het en nogsteeds skryf, asook sukses in die slaagsyfers vir al die studente in my klasse. Ons kyk ook daarna om hierdie jaar ‘n kortverhaalbundel saam te stel van al my verhale wat oor die laaste vyf jaar geskryf en gepubliseer was in tydskrifte. Ek sal julle egter meer hieroor sê sodra ek self ook meer inligting daaroor het. En natuurlik hoop ons ook om hierdie jaar ons gesin te begin en ‘n klein Mansie aan julle voor te stel. Dink dit is tyd…

2016 is Ons jaar. Die Jaar van vreugde en feesvieringe!

Liefde groete,

Anzel

IMG_0097-1

Nuwe avenues in my lewe!

Hallo almal

Ek is deesdae in ‘n baie goeie plek in my lewe. Ek is baie gelukkig getroud met ‘n wonderlike man, ek het ‘n fantastiese werk by die College waar ek die voorreg het om met jongmense te werk en hulle te leer van die vakgebied: Menslike Hulpbronne, en boonop het ek en manlief huis gekoop. Ons skryfskool floreer en doen baie goed en ek het selfs nou onlangs begin skryf as Vryskut Joernalis by Kathu Gazette. Loer gerus by die link hieronder vir meer inligting re ons skryfskool en die onlangse publisiteit wat ons ontvang het. Een van my nuutste kortverhale is ook oppad en sal in die 13de Junie 2014 uitgawe van die Vrouekeur verskyn.

Ek is regtig baie gebless – Die Here is goed vir ons. Ons is gesond, ons het ‘n dak oor ons kop, ons families is wonderlike mense met ‘n hart vir ons en vir die Here, ons het amazing vriende en hartsmaatjies en daar is ‘n ekstratjie in ons beursie. Meer as dit het ons nie nodig nie. Die Here is regtig amazing, en Sy goedheid ken geen einde nie. Ons is bevoorreg om elke dag God se nuwe genade in ons lewe te ervaar. As getroude vrou het my perspektief oor die lewe baie verander. Ek moes sacrifice en dinge in my eie lewe verander, maar saam met die Here en my man, sal ons nie net nader aan mekaar groei nie, maar ook nader aan God. Ek is regtig baie gelukkig.

Ek heg vir julle ‘n paar fototjies aan van my onlangste skryfwerk by die Kathu Gazette aan, asook ‘n paar fotos van my en my manlief/familie van die laaste ruk! Geniet dit!

Baie liefde,

Anzel

This slideshow requires JavaScript.

Baie trots op ons Skryfskool!

Kyk net hoe brag ek nou! 🙂

Ons eerste skryfskool van 2014 was ‘n reuse sukses! Ons was ook bevoorreg om ‘n artikel in die Kathu Gazette te kry wat die week van die 8ste Maart 2014 verskyn het. Loer ook by die volgende skakel na die elektroniese weergawe van ons skryfskool artikel!

http://www.kathugazette.co.za/articles/2014/03/13/skryfskool-gee-storiedrome-vlerke

Inskrywings vir ons Julie Skryfskool is ook nou oop, so wikkel jou boude en laat jou voete raas en kry jou inskrywing in! 🙂

Groete!Berig in Kathu Gazette

My eie feëverhaal…

Halloo julle

Wat ‘n opwindende jaar sover! Sjoe! Die laaste keer toe julle van my gehoor het, was in April. En toe was my lewe nog rustig en normaal. Intussen, het ek getrek, nuwe werk gekry, my honneurs klaar gemaak, ‘n skryfskool begin en getrou en honeymoon gehou! Nou is ek ‘n getroude vrou! En nou is ek met my droomman getroud! Wow!

Aan die begin van 2013 was ek oortuig daarvan dat hierdie jaar MY jaar gaan wees. En kyk nou net! Ons trek al halfpad deur Oktober, en so baie het al in my lewe verander. Ek kry ook ‘n baba hondjie… nee, hond. ‘n Boerbul kan mens nie as ‘n hondjie beskryf nie! LOL! My lewe is ‘n lied. Ek is skuldvry, smoorverlief en gekoester in my huwelik en geniet elke oomblik daarvan. Oor die volgende paar maande gaan daar nog baie eerstes wees vir my. My eerste Kersfees weg van my mense af en saam met my man en sy mense. My eerste Kersfees en nuwe jaar as getroude vrou. Ons eerste skryfskool saam in Januarie 2014. En sommer baaaaie date nights! Gepraat van date nights – ek gaan oor die volgende paar maandjies ook gereeld ons date nights bespreek en hoekom dit so belangrik is in vandag se lewe om tyd saam met mekaar te spandeer. Tyd kan mens nie koop nie. So dit is belangrik dat jy tyd maak.

Elk geval, voor ek nou te veel gesels, ek wou eintlik net hallo sê en ‘n vinnige update oor wat tans in my lewe gebeur. Ek glo dat ek deesdae meer aktief hier sal wees, so loer gerus gou weer hier in!

Ek heg ook vir julle ‘n paar fototjies aan van ons pragtige troudag! Geniet dit!

Baie liefde,

Anzel Mans

Nuwe epos: anzel.mans@gmail.com

This slideshow requires JavaScript.